|
Kleinhoewes
Moeg vir die stadslewe, maar jy
moet naby die stad, goeie hospitale, skole, lughawens en winkelsentrums
wees ? Dan kan ‘n kleinhoewe net die oplossing vir jou problem wees. Om
op ‘n kleinhoewe te bly kan jy die rustigheid van die platteland
ervaar, saans die skoonheid van die sterre beleef, naby aan die natuur
leef, maar steeds naby die geriewe wees wat ons elke dag nodig het.
Wat is ‘n kleinhoewe ? ‘n
Kleinhoewe is ‘n klein stukkie grond waarop die eienaar woon en waarop
vrugte, groente gekweek en lewendehawe geteel en aangehou word, as hy
dit sou verkies. Party mense woon op ‘n kleinhoewe om weg te kom van
die stadslewe, maar wil nog steeds naby die stad wees. Kleinhoewes en
kontrei lewenswyse word landswyd al hoe gewilder.
Hoekom moet jy jou kinders op ‘n
kleinhoewe grootmaak ? Omdat ‘n kleinhoewe groter is as ‘n stadserf,
het kinders ‘n groter area waarin hulle kan speel. Wanneer jy op ‘n erf
in die stad woon, het kinders dikwels nie genoeg plek om met hulle
fietse te ry nie, ook nie plek vir ‘n trampolien, swembad of tennisbaan
nie. Vir al hierdie dinge is daar oorgenoeg plek op ‘n kleinhoewe. Jou
kinders hoef nie in die strate te gaan speel nie, en dus kan hulle nie
op hulle fietse deur motors raak gery word nie, en hulle word beskerm
van ander gevare wat in die stad skuil.
Kleinhoewes
Pretoria Gauteng Suid Afrika
As jy ‘n troeteldier- of
diereliefhebber is, sal ‘n kleinhoewe ook vir jou ideaal wees, want jy
kan soveel diere en voëls op die kleinhoewe aanhou as wat jy wil. Hokke
kan gebou word op die kleinhoewe as jy met voëls wil teel,of as jy met
honde of katte wil teel, is hierdie die ideale plek om dit te doen.
Kortliks, om op ‘n kleinhoewe te woon kan baie winsgewend wees.
‘n Kleinhoewe kan ook die ideale
plek wees om ‘n besigheid van te bedryf, omdat daar baie plek beskikbaar
is. Kantore kan gebou word op ‘n kleinhoewe, werkswinkels kan gebou
word, sodoende kan jy geld bespaar as jy kantore of werkswinkels moes
huur in die stad of ‘n industriële gebied. Jou werkers kan ook op
die kleinhoewe geakkomodeer word.
Kleinhoewes en
Plotte te koop
Verskillende tipes besighede kan
ook vanaf ‘n kleinhoewe bedryf word, byvoorbeeld ‘n kwekery. Daar is
gewoonlik ‘n boorgat of alternatiewe waterbronne op ‘n kleinhoewe, wat
die eienaar onafhanklik van munisipale water maak, nie net vir die
besigheid nie , maar ook vir die huishouding.
‘n Mens vind ook dat, wanneer
mense aftree, soek hulle vir iets meer as net ‘n aftreeoord. Hulle soek
na ‘n plek waar hulle nog steeds aktief kan wees, maar nie ver van
hulle families af nie. ‘n Kleinhoewe is die ideale plek, veral wanneer
hulle buitelewe entoesiaste is.
Ons spesialiseer
in Kleinhoewes Pretoria Gauteng Suid Afrika
Kleinhoewes naby damme, riviere
of mere is baie gewild, en die meeste ontwikkeling vind plaas naby
hierdie areas. Kleinhoewes naby hierdie gebiede is ook baie gewild by
eiendomsontwikkelaars want die kleinhoewes word deur ontwikkelaars
gekoop en later ontwikkel in luukse lewenstyl landgoedere.
Die gewildste areas in en om
Pretoria is die Roodeplaatdamarea, noordoos van Pretoria,
Hartebeespoortdam wes van Pretoria, en die area noord van die
Magaliesberg bergreeks. Die gewildheid van hierdie areas word toegeskryf
aan hulle toeganklikheid tot water, wat watersport soos seil, roei,
kanovaart hengel en vlieghengel moontlik maak. Die groot voordeel van
hierdie areas is dat jy slegs ongeveer 30 minute se ry vanaf die
middestad is, maar jy kan nog steeds in die rustigheid van die natuur
woon, weg van die gejaagdheid van die stadslewe. Jy hoef nie ure te ry
om weg te kom van die stad vir ‘n naweek nie, jy kan heeljaar deur van
die stad af wegbreek want jy besit ‘n eiendom in een van hierdie
eksklusiewe areas.
Kleinhoewes by Roodeplaatdam, Kameeldrift, Rynoue en ander gesogte areas
in Pretoria omgewing.
Ontwikkeling beleef ‘n bloeifase
en kleinhoewes in alle areas behaal hoë pryse. As hierdie die leefstyl
is waarna jy op soek is, daar is verskeie ervare eiendomsagente met
jare se ondervinding wat jou kan bystaan om presies die eiendom te kry
waarna jy op soek is.
Plotte en
Kleinhoewes Pretoria Gauteng
|