PLOTTE PRETORIA GAUTENG SUID AFRIKA

 

     
 

Plotte

 te koop

Roodeplaatdam

Kameeldrift

Cullinan

Rynoue

 
     
     
     
     
     
 
     
  Excellent Smallholding for sale at Rynoue, Pretoria
Beautiful smallholding for sale. This is a once-off opportunity to buy a very special smallholding near Pretoria. This property is 13 km from the Colonnade Shopping Centre , north of Pretoria. Only 9 km from the N1 highway , with tar road all the way to the property. This area is known for perfect climate with very little frost during the winter months.
 
     
 

Contact Rudolph

 
 

Emacplan Properties

 
  Cell : (082) 821 7129

 
 

 
 

 
 
     
     
     
 

Besoek ons webblad by www.emacplan.co.za

Ons het heelwat eindomme te koop en spesialiseer in plotte en kleinhoewes

 
     
     
 

" Ontwikkeling beleef ‘n bloeitydperk en plotte in alle areas word gewaardeer teen toppryse. As hierdie die leefstyl is waarna jy soek, is daar verkeie ervare eiedomsagente wat regstaan om jou met raad en daad by te staan.en wat jou sal help om presies te kry wat jy soek." Kontak ons gerus vandag by :

EMACPLAN EIENDOMME

Vir Plotte & Kleinhoewes in en om Pretoria

 
     
     
     
     
 

Plotte Pretoria

   
     
 

Plotte

Gemiddeld 70 % van die  Suid-Afrikaanse bevolking woon in of naby stede.  Hulle jaag  werk toe elke dag, net om in die middag weer terug te jaag. Is jy een van hulle ? Is jy moeg van die stadslewe, maar jy moet naby die stad, goeie hospitale, skole, lughawens en winkelsentrums wees ? Dan is ‘n plot die antwoord op jou vraag.  Jy is naby die stad met al sy geriewe, maar jy ervaar jy die rustigheid  van ‘n kontreilewensstyl, en  die skoonheid van ons pragtige land.

Plotte Pretoria Gauteng Suid Afrika

Wat is ‘n plot?  ‘ n Plot is ‘n stukkie grond, ongeveer 3 tot 10 hektaar groot, waarop die eienaar woon buite die stad.  ‘n Plot is egter nie so groot soos ‘n gemiddelde plaas nie. Vrugte en groente kan daarop verbou word, en lewende hawe aangehou word, as die eienaar dit sou verkies. Mense  koop ‘n plot om weg te kom van die stadslewe, maar is nog steeds naby aan die stad en  hulle  kan naby aan die natuur  leef.  Plotte en  ‘n kontreilewensstyl neem toe in gewildheid oral oor die land.

Plotte en Kleinhoewes te koop

Om jou kinders in ‘n veilige omgewing groot te maak is baie belangrik vir elke ouer. Daar is baie voordele hoekom ‘n mens jou kinders op ‘n plot moet  grootmaak.Op ‘n plot is daar meer speelplek vir die kinders, hulle kan net soveel  troeteldiere aanhou as wat hulle wou, wat nie altyd moontlik is op  ‘n erf nie.  Munisipaliteite beperk dikwels die aantal troeteldiere wat ‘n mens mag aanhou, veral honde . ‘n Kind kan ook na hartelus rondhardloop en speel en hoef nie op die uitkyk te wees vir verkeer  soos in ‘n stad nie. Hulle kan ook goed soos ‘n lekker groot swembad of tennisbaan hê . Iets wat elke seun sal geniet is dat hy  enige plek op ‘n plot  kan rondry op sy kwadfiets want daar is genoeg plek.   Kwadfietse word nie in die stadstrate toegelaat nie.  Dit is ‘n groot voordeel  wat ‘n plot het . Op ‘n plot kan hulle rondry met hulle fietse, en hoef  nie bekommerd wees  oor  boetes of dat hulle fietse gekonfiskeer sal word omdat hulle onwettig rondry nie.

Ons spesialiseer in Plotte Pretoria Gauteng Suid Afrika

As jy ‘n troeteldier- of diereliefhebber is, is ‘n plot ook ideaal vir jou,  want jy kan soveel diere en voëls  aanhou as wat jy wil.  As jy ‘n perdeliefhebber is,  kan jy perde aanhou, omdat jy plek het om hulle aan te hou. Jy kan selfs stalle bou, jy het genoeg plek om te gaan perdry, en kan  jou kinders ‘n liefde vir perde aan te leer.  ‘n Plot is ideal vir diegene wat met honde  wil teel, want hokke kan op die plot gebou word. Die hondjies kan tuis grootgemaak  en verkoop word. Die teel van honde kan baie winsgewend wees.   Klein hondjies van verskillende  honderasse  bv. Yorskshire Terriers, word tot R5000 stuk verkoop.  As jy met voëls wil boer, kan jy soveel hokke bou as wat jy wil en dit kan ook in ‘n winsgewende besigheid omskep word.  As jy ‘n ywerige tuinier is, kan jy eksotiese plante soos orgideë en broodbome op jou plot plant. Kortliks, om op ‘n plot te woon kan baie winsgewend wees.

Kleinhoewes en Plotte nou beskikbaar naby Roodeplaatdam in Pretoria Gauteng Suid Afrika

‘n Plot kan ook ideaal wees om ‘n besigheid soos ‘n kwekery  vanaf te bedryf, omdat daar genoeg plek en water  beskikbaar is. Om ‘n boorgat op jou plot te hê kan jou onafhanklik van munisipale water  maak.    Kantore en werkswinkels  kan gebou word op die plot. Die oprigting van behuising soos tuinwoonstelle of selfs ‘n tweede huis kan gedoen word en uitverhuur word vir ‘n tweede inkomste, of alternatiewelik kan ‘n bejaarde ouer of student daar geakkomodeer word.  Daardeur bespaar jy geld sou jy ‘n ander  woonstel  moes gaan huur.  Jou werkers kan ook op die plot woon.

Verskillende tipes besighede, soos ‘n kwekery, kan vanf ‘n plot bedryf word. Daar is gewoonlik ‘n boorgat of alternatiewe waterbron op  ’n plot, wat die eienaar  tot  sy voordeel kan gebruik.

Nou beskikbaar: Plotte en Kleinhoewes by Roodeplaatdam, Kameeldrift, Rynoue en ander gesogte areas in Pretoria omgewing.

Vir  afgetrede  mense kan ‘n plot ideaal wees, veral as die persoon nog aktief is. Jy kan nog steeds jou stokperdjies beoefen, jy kan oral rondloop en jy is nie beperk tot die mure van ‘n aftreeoord of ‘n woonstel  nie. Jy kan steeds doen wat jy gedoen het, dit bring jou  vryheid wat jy wil hê, maar nog steeds naby jou familie.’n Plot is die ideale plek veral wanneer hulle buitelug mense is.

‘n Groot deel van die bevolking is lief vir watersport soos swem, seil,   visvang,  vlieghengel, kanovaart ensovoorts. Plotte naby damme, riviere of mere is  daarom baie gewild, en die meeste ontwikkeling vind plaas naby hierdie gebiede. Plotte in hierdie areas is ook gewild by eiendomsontwikkelaars aangesien hulle plotte opkoop en later ontwikkel in luukse lewensstyllandgoedere.

Die gewildste gebiede in en om Pretoria  om ‘n plot te hê is die Roodeplaatdamarea, noordoos van Pretoria, Hartebeespoortdam wes van Pretoria, en die area noord van die Magaliesberg bergreeks.  Hierdie gebiede is veral gewild vanweë  hulle toeganklikheid tot water.  Plotte naby hierdie gebiede is hoog in aanvraag en byna onbekombaar omdat hulle opgekoop word deur  eiendomsontwikkelaars. Die groot voordeel daarvan om in hierdie areas te woon is dat  slegs 30 minute se ry vanaf die stad is, maar jy kan steeds in die rustigheid van die natuur bly,  weg van die stadsgewoel. Mense wat ‘n paar jaar gelede belê het deur ‘n plot in hierdie gebiede  vir ‘n paar duisend rand te koop, maak huidiglik  groot  winste deurdat pryse geweldig gestyg het en hierdie eiendomme verkoop nou vir miljoene rande.

Plotte en Kleinhoewes Pretoria Gauteng

Ontwikkeling beleef ‘n bloeitydperk en plotte in alle areas word gewaardeer teen toppryse. As hierdie die leefstyl is waarna jy soek, is daar verkeie ervare eiedomsagente wat regstaan om jou met raad en daad by te staan.en wat jou sal help om presies te kry wat jy soek.

 

 
   
     
  Smallholdings Pretoria  
 

Advertise on the Internet. Affordable & Effective

 
   
     
 
     
 

Did you know that and average of  70% of the South African population live in or nearby cities. Every day they drive to work , just to rush back  late afternoon. Are you one of them ? Are you tired of city life, but need to be near the city?  Then why don’t you consider living on a plot / smallholding ?  It can just be the answer to your question.  You are near the city with all its amenities, but  you can still enjoy the  tranquillity of living in the countryside, experiencing  the beauty of  our beautiful country. 

What is a plot or a smallholding ? A plot  or a smallholding is a  small piece of land, approximately  3 to 10 hectares on  which the owner lives outside of the city, but not quite as big as the average farm.

Fruit and vegetables can be grown and livestock bred, if desired by the  owner, but some people  obtain a plot or smallholding to escape city life but still be near it and because they want to live close to nature.

Plots, smallholdings and country style living properties have become increasingly popular all over the country.

 
     
 
     
   

Plotte Pretoria

   

 smallholdings | plots | plotte | kleinhoewes | emacplan | satowns

Contact us

Rudolph at Emacplan Properties


Cell : (082) 821 7129

 

 Copyright © 2008 [ADSSA]. All rights reserved.

 

Web Design ADSSA